STERLING SPEEL AFRIKAANS
KOOP NOU - KLIEK HIER

Suid-Afrika se instrumentale supergroep Sterling EQ beskryf hul nuutste CD as ”’n huldeblyk aan hul Afrikaanse aanhangers, Afrikaanse musiek, Afrikaanse liedjieskrywers, en Afrikaans die Taal”. STERLING EQ SPEEL AFRIKAANS beloof om meer as kers vas te hou by die groep se hoogs aangeprese debuutalbum Nova, en hul DVD Sterling EQ Live in Concert. Die 15-snit album bestaan uit instrumentale weergawes van sommige van die mees legendariese Afrikaanse liedjies uit die 1970’s, -80’s en -90’s.
Hierdie SAMA-genomineerde instrumentale popgroep het reeds die instrumentale musiekgenre tot nuwe hoogtes in Suid-Afrika gedryf; trouens, danksy Sterling kan die genre nou met dié van die grootste sterre en topverkopers kersvashou. Die groep se invloed in die industrie is duidelik uit die talle suksesvolle toere op hul kerfstok, internasionale optredes, verskynings en gaskunstenaar-optredes op prestige produksies soos SA Pop Idols, SA Music Awards, IPL Krieket openingswedstryde, en veel meer; en natuurlik die talle onderhoude op al SA se grootste TV programme en dekking in plaaslike koerante en tydskrifte.
Sterling Speel Afrikaans, ‘n Five Seasons Entertainment produksie wat vervaardig is deur Riaan Steyn (met uitvoerende vervaardigers Carina Bruwer en Harold Schenk), beloof om nog ‘n mylpaal te wees vir instrumentale musiek in Suid-Afrika. Dit neem die luisteraar op ‘n verruklike herrinneringsreis; terwyl die kenmerkende Sterling-aanslag die musiek onweerstaanbaar maak selfs vir nie-Afrikaanssprekendes!
Die CD is by alle groot musiekwinkels beskikbaar, of BESTEL DIT HIER
Lees meer: Jouwêreld resensie
LYS VAN SNITTE (kliek op LUISTER (waar die opsie aangedui word) om na 'n kort uittreksel van die snit te luister)
1. Eli liLizwe (1’39)
2. Dis ‘n Land (3’07)
3. Karoonag (2’48) ---------- LUISTER
4. Voshaarnooi (2’26) --------- LUISTER
5. Mannetjies Roux (3’47) ---- LUISTER
6. Caravans-tema (5’06) ----- LUISTER
7. Ek Wil Jou Ken (2’33)
8. Skarumba (4’12) ---------- LUISTER
9. Oukraalliedjie - Kaapse Draai (3’20)
10. Liefling (3’03) ---------- LUISTER
11. Jy is Vrou (3’28)
12. Ramaja (3’03)
13. Kerkorrel-keurspel (Halala Afrika – Al Lê die Berge Nog So Blou) (3’17)
14. TV1-keurspel (Agter Elke Man, Sonkring, Vyfster, Ballade vir ‘n Enkeling) (4’56) --- LUISTER
15. Lisa se Klavier (3’13)
|