Press release
13 April 2009
Click here for English press release
Sterling EQ stel langverwagte DVD vry
Suid Afrikaanse instrumentale supergroep, STERLING EQ, se langverwagte DVD tref die rakke in herfs 2010. Sterling EQ – Live in Concert is in die teenwoordigheid van bykans 1,200 aanhangers opgeneem in Kaapstad se Arstcape Operahuis op 13 Feb. 2010; ‘n konsert wat sonder twyfel Sterling se reputasie as een van die suksesvolste instrumentale groepe vanuit Suid Afrika versterk het.
Sterling EQ – Live in Concert bevat snitte van Sterling EQ se debuutalbum, en sluit die treffers Nkalakatha en Nova, sowel as oorspronklike komposisies soos Electric Storm en Bach’s Kittens at Play in. Legendariese instrumentale gunstelinge, soos die tema van Caravans en Chic Corea se Spain, asook ‘n verstommende weergawe van die ikoniese Italiaanse liedjie, Caruso, sorg vir ‘n kleurvolle reis deur die verlede. Daar is ook opwindende kontemporêre weergawes van bekende klassieke werke soos Toccata & Fuga en Storm (Vier Seisoene/ Carmina Burana keurspel) saam met ‘n paar ander verrassings. Emo Adams maak ook ‘n vinnige verskyning op hierdie grensverskuiwende DVD, waarvan die eerste herdruk reeds onderweg is.
Die kyker word getrakteer met ‘n 90 minuut-lange skouspel van musikale glorie en virtuositeit, PLUS hope ekstra beeldmateriaal wat musiekvideo’s, agter-die-skerms insetsels, onderhoude en ‘n foto-gallery insluit. Sterling EQ – Live in Concert is ‘n vrystelling waarop die Suid Afrikaanse musiekindustrie opreg trots kan wees!
“Instrumentale supergroep”
Sterling se dagboek was die afgelopw jaar stampvol - hulle het sonder twyfel voldoen aan die media se beskrywing van hulle as Suid Afrika se “instrumentale supergroep”; hoogtepunte sluit in:
- Die vrystelling van hul musiekvideo Nova – The Movie in 2009. Gebasseer op die titelsnit van Sterling se debuutalbum Nova, met SAMA-wenner Lara Hollis as regisseur en ‘n span van 30 filmspesialiste, het hierdie Tour-de-Force musiekvideo nie minder nie as 35 kostuumveranderinge, insluitende ‘n paar ongelooflike Gavin Rajah uitrustings behels, asook 30 “liggings” wat strek oor 50 jaar van populêre film.
- Optredes voor Elton John, Annie Lennox, Lance Armstrong, en ander internasionale en plaaslike vernaamdes
- 5 Internasionale optredes (insluitende Dubai en die Seychelles)
- All Access (MNet joernaalprogram) kies Nova as hul temalied
- Sterling verkry borgskappe van Samson High-tech Wireless Systems en Kobus Dippenaar (mode-ontwerper)
- Vele hoë-profiel optredes regoor SA (IPL se openingswedstryde, opening van die Kaapstad sokkerstadion, Internasionale Vigsdagkonsert by Artscape ens.), waarvan ‘n hele paar wêreldwyd op regstreekse televisie uitgesaai is
- Internasionale samewerkings met die legendariese groep Boney M, en plaaslik met kunstenaars soos Loyiso en die Bala Brothers, Wendy Oldfield en Anna Davel
Die lede se duidelike talent en energie, en hul interessante agtergronde (fluitspeler Carina Bruwer is ook ‘n marathon swemmer met ‘n heelpaar nasionale en internasionale rekords agter haar naam, en elektriese cellis Ariella Caira is ‘n gekwalifiseerde aktrise) hou aan om die publiek, media, en ook critici te fassineer. Daar bestaan geen twyfel dat die vrystelling van hul lewendige DVD verder sal bydra tot hul populariteit en pioniersbydrae tot hierdie genre-trotserende intrumentale styl nie.
VIR VERDERE INLIGTING, foto's, of om 'n onderhoud te reel
Kontak: Carina Bruwer
Tel: 0860 110 309 / Sel: 082 486 1320
Epos: info@sterlingeq.co.za
Webwerf: www.sterlingeq.co.za
~ Ends ~
|